Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Kuier

Kuier

Jun 04 2026
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Hy het stil-stil geregistreer vir ‘n spelkompetisie, nou vat dié Bolandse skoolseun die wêreld aan

JOU TRANE IS IS NIE ONNODIG GESTORT NIE • Geen traan wat in afhanklikheid van God gestort word, gaan verlore nie. Leer om te ‘saai’, en jy sal deur God se guns en getrouheid weer maai

Die Koningskind se gebedsverklaring • Dis jou geboortereg om te bid met gesag. Spreek hierdie verklarings uit oor jou lewe met die selfvertroue van ‘n Christen wat weet Wie hul rigtingwyser is

KIM TAKEL DIE LEWE KAALVUIS EN KRAGTIG • Slagoffermentaliteit sal nooit haar ding wees nie – nie in haar eie lewe of op die skerm nie, sê Kim Cloete. Sy vertel ons meer hieroor, en oor haar ‘lekker’ nuwe rol in Kelders van Geheime en die geestelike hergeboorte wat haar keerpunt was

BYNA 30 JAAR LATER: ‘WÍÉ HET MY KIND EN KLEINKIND VERMOOR?’ • Sy kan nie nóg 27 jaar wag op antwoorde nie, sê dié bejaarde ma oor die grusame moorde op haar dogter en kleinseun wat nooit opgelos is nie

GEN Z: SLIM TECH, DOMMER KINDERS? • Nuwe neurowetenskaplike navorsing het gevind Gen Z presteer swakker as hul ouers – ‘n eerste in moderne geskiedenis. Ons bekyk hoekom en wat die silwer randjie aan dié donker wolk is

GELIEFDE MAN EN PA IN ‘N OOGWINK WEGGERUK • Dit was liefde met die eerste oogopslag vir hulle. Nou, ná haar man se tragiese dood in ‘n fietsryongeluk, hoop sy dat geregtigheid sal seëvier

TERAPIE OP VIER POTE • Die golden retriever Toffee Beanz het onlangs geskiedenis gemaak toe sy die eerste terapiehond geword het om ‘n kind in ‘n Suid-Afrikaanse hof by te staan

‘DIE HERE HET VIR MY EKSTRA TYD MET HOM GEGEE’ • Hul dapper seuntjie is gebore met ‘n waterhofie en al is sy lewe kort voor sy eerste verjaardag kortgeknip, leef hy voort in hul drome en mooi herinneringe

DIÉ ‘TAWWE KOEKIE’ LAAT PASIËNTE BLOM • Groot verliese in haar kinderjare het haar laat besef om te faal is nie ‘n opsie nie. Vandag het sy ‘n pad vir haarself oopgekerf as ‘n suksesvolle mediese dokter

HEERLIKE HUISKOS • Kos is die gewilde TV-sjef en MasterChef SA-beoordelaar Zola Nene se liefdestaal, en haar vierde kookboek, Simply More Zola, het onlangs die rakke getref. Dis ‘n samestelling van resepte wat goeie herinneringe wek, verbind aan stories oor die mylpale van haar voortgesette kosreis. Van heerlike sop teen die bibberweer tot pasta, bredies en smullekker melktert gaan dié winterwarm resepte beslis wenners wees onder jou huismense.

‘N TRUI VIR PA • Dié lekker dik manstrui gebrei in ‘n patroonsteek met tekstuur is net die ding vir die koue bibberweer. Brei dit vir jou man, pa of oupa vir Vadersdag!

MAAK JOU EIE BADKAMER-LEER • Meeste badkamers kan doen met meer pakplek, veral as daar kleingoed in die huis is. Ons wys jou hoe om ‘n maklike leertjierak in ‘n paar stappe te maak

8 GRIMEERFOUTE WAT JOU LAAT OUER LYK • Van die verkeerde onderlaag tot ‘n onvleiende lipkleur, hier is die foute wat jou laat ouer lyk. Ons wys hoe jy dit kan regstel

VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

DIE NATUUR SE APTEEK • Kry natuurlike verligting van verkoue- en griepsimptome dié winter van hierdie plante. Of jy nou sit met hoofpyn, koors of ‘n loopneus – dié rate uit jou tuin of speserykas sal jou vinniger help herstel

NEEM WAARDIG AFSKEID •...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans