Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Kuier by Media 24 Ltd - Available

Kuier

Mar 26 2026
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Met inkomste uit afvalherwinning boer dié planmaker van die Helderberg vorentoe

DIÉ DIVAS WOEKER MET HUL DROME • In 'n wêreld waar melodieë en mylpale vir hulle hand aan hand loop, het dié vier merkwaardige vroue die glasplafon aan skerwe laat spat met hul note. Van treffers tot bemagtigende anthems het dié local sangdivas elk hul paadjie op húl manier uitgekerf, en in die proses ook die weg vir ander gebaan

“N LEEFTYD VAN LIEFDE MET ONS SOLS’ • Vir die res van die land was hy Soli Philander, vir hulle was hy hul geliefde ‘Sols’ en die ‘airport uncle’ met 'n hart van goud

GEREGTIGHEID VIR NADIA DRIE JAAR NÁ GRU-MOORD • Hy was haar lewensmaat. Haar kinders se pa. En toe haar moordenaar. Só het die hof beslis byna drie jaar ná Nadia Lotz se partner haar herhaaldelik gesteek en toe haar keelaf gesny het. Nou stort geliefdes uiteindelik trane van verligting

‘DAARDIE WENGEVOEL WAT MY ÁLLES GEKOS HET’ • 'n Onskuldige besluit as 13-jarige het hom op 'n jare lange stryd teen die dobbelduiwel gesit, en hom sy werk en sy huwelik gekos. Tog is hy 'n vegter wat hoop om eendag weer vir sy kinders te kan sorg

IS JOU SANITÊRE PRODUKTE VEILIG? • 'n Studie deur die Universiteit van die Vrystaat het die chemikalieë in sanitêre doekies en pantyliners wat in Suid-Afrika beskikbaar is, geïdentifiseer. Wat beteken dit vir jou? Hiér's wat jy moet weet

ONSTUITBARE AYSELEE DROOM GROOT • Sy is sonder onderbene gebore, maar het die moed en durf van 'n wenner

‘WANKEL, MAAR WEET: HY SÁLJOU RED’ • 'n Geestelike leier moet mos onwrikbare sekerheid hê, of hoe? Die pastoor Dr. M het egter getwyfel, bieg hy, toe kanker sy liggaam wou opeis. Maar hy't aangehou veg, en uiteindelik is sy geloof versterk

GEURIGE GEBAK • Geniet die geur van Paasbolletjies in verskillende soorte gebak

KLEUR-PASMAATS • Sommige kleure pas net perfek bymekaar. Maar hoe meng en pas jy? Hier is vier kleur-pasmaats wat jy kan inspan vir enige uitstappie

VAT MY HAND! • Of jy nou een keer per jaar, elke maand of tweeweekliks 'n afspraak maak vir salonmooi naels, dis goed om te weet wat alles beskikbaar is. Van klassieke naellak tot blink jel en versterkende dippoeier – daar's 'n manikuur vir elke bui, begroting en behoefte. Maar watter een pas by jou? Ons kyk na 'n paar van die gewildstes

VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir 'n mediese probleem?

BADKAMERGEWOONTES WAT SLEG IS VIR JOU BLAAS • Druk jy om vinniger verligting te bring? Hurk jy bo die toiletsitplek? Of gaan jy kort-kort ‘net vir ingeval’ badkamer toe? Dié gewoontes kan meer probleme veroorsaak as wat jy besef!

AS DIE FOON VIR OUMA EN OUPA INSLUK • Kompulsiewe selfoongebruik is nie net 'n jongmensprobleem nie – al hoe meer ouer mense is ook deesdae skermslawe. Maar daar is altyd hoop

VERSEKER SÓ JOU GELIEFDE SE LEWE • Lewensdekking kan jou help betaal vir begrafnisse en skuld, of vergoed vir die finansiële verlies – tog is daar belangrike reëls wat jy in edagte moet hou

GEBRUIK KOFFIEMOER SLIM • As jy lief is om koffie by die huis te maak deur jou eie bone te maal of klaargemaalde bone te gebruik, kan jy die moer ook in en om die huis inspan. Hier's 'n paar idees

LIANA LEI MET EMPATIE • Nadat...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans