Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
PIERRE SÊ BRIEF
Weg!
AGTER DIE SKERMS • Aan die einde van 2024 het die Kapenaar Cally Silberbauer, ’n digitale ontwerper, en ’n paar vriende ’n wílde fietsrytog deur Zimbabwe aangepak (lees die artikel op bl. 50). Toast Coetzer het haar ’n paar vrae gevra.
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za
KYK HIER!
KORTLIKS
Kom kuier op Clarens • Die voormalige musikant en TV-aanbieder Johrné van Huyssteen is nou ’n eiendomsagent en woon sedert 2022 op Clarens in die Oos-Vrystaat. Ons het hom oor sy tuisdorp se gunstelinge gevra.
Die rooi Syncro • ’n Droommotor is tog gelykstaande aan ’n droomvakansie, nie waar nie? Nee, só werk dit nie altyd nie, onthou Hancu Louw van sy pa se rooi Volkswagen Syncro Kombi en dáái vakansie in Lesotho...
BOEKE EN MUSIEK
Rudi Steenkamp • Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika is ’n toeganklike gids wat die kleinspan sal aanmoedig om vriende te maak met daardie langbeenspinnekop in hulle kamer!
Die Rondawels fantasties • Berge, valleie, watervalle (sowat twintig!)... Hier’s geen tekort aan uitsigte of doendinge langs Mpumalanga se Panoramaroete nie. Hier is ses blyplekke waar jy die Blyde op sy beste kan ervaar.
Verdwyn tussen see en duin • Op die nuwe Eastern Shores-staproete verken jy drie dae lank die Tewatewildernisgebied. Dié onbekende, afgeleë kol beskerm die kuswoude, mere en grasvlaktes noord van Kaap Vidal in die Isimangaliso-vleilandpark doer bo in KwaZulu-Natal. Dis wild, maar hier is darem boskokke...
Donder en storms op die Fighting Road • Dis hoogsomer in die bosveld van Zimbabwe, maar Cally Silberbauer en haar groep avontuurlustige fietsryvriende druk deur na Vic Falls om hulle gunsteling-band te sien speel – selfs al slaan die weerlig al rondom hulle wiele...
MENSE SE LENSE • Toe, toe, toe – waarvoor wag jy? Stuur jóú beste foto’s na Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg.co.za en dalk verskyn hulle op hierdie bladsye!
Water is lewe
Kuier peusel-peusel... • Vergeet van tafel dek en stapels skottelgoed. Dié geurige peuselhappies bedien ’n mens sommer kuier-kuier direk van die kole af sonder om ooit die braaistoep te verlaat.
Karweiders • Kia en Volkswagen bied albei ’n verskeidenheid van sewesitplekvoertuie om groot gesinne in styl te vervoer, en Weg het onlangs die Kia Carnival (’n luukse minibus) en die Volkswagen Tayron (’n splinternuwe sportnutsvoertuig) bestuur. En ’n motor waarna ons régtig uitsien, is die Toyota Land Cruiser FJ.
Dís nou ’n mes! • Een van die eerste stukke gereedskap wat ons oervoorvaders gemaak het, was ’n mes. En dis iets wat ons steeds elke dag gebruik. Maar hoe kies jy ’n goeie mes? Die keuses en pryse is oorweldigend en dus het ons by die kenner Stephan Kornelius raad gevra. Stephan is bedags ’n ingenieur en saans ’n mesmaker – hy is toevallig ook my buurman en vriend! Hy het al ’n paar pragtige messe vir ons kombuis gemaak, en dis ’n plesier om by hom te kan inval wanneer ’n mes geslyp moet word. Stephan verduidelik die belangrikste meskategorieë.
STAP...